Trokke slaan om

Drie trokkie wat Vrydag, Maandag en Dinsdag in Hartbeespoort omgeslaan het, het verkeer vir lank ontwrig. ‘n Trok vol gruis het Saterdagoggend by Silkaatsnek by die kruising van die Van der Hoffpad en R511 na Hartbeespoort omgeslaan en verkeer vir ure lank vertraag. Maandagmiddag het ‘n trok vol veevoer by die Pampoennek-afrit na Hartbeespoort omgeslaan, en Dinsdag het ‘n gruistrok se sleepwa op Sartjiesnek omgeslaan.