Een beseer toe kar in Schoemansville rol

Een persoon is lig beseer toe ‘n voertuig Saterdagaand in Harringtonstraat in Schoemansville gerol het. Paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die beseerde persoon op die toneel behandel en toe na ‘n hospitaal in Brits vervoer. (Foto en inligting: HEMS)