Gewapende roof by Ifafi-poskantoor

Twee gewapende rowers het Dinsdagmiddag die Ifafi-poskantoor binnegestorm en twee vroulike werknemers aangehou terwyl hulle die poskantoor van kontant betroof het.


“Die twee rowers, albei gewapen met vuurwapens het volgens die werknemers ongeveer 14:15 die poskantoor ingekom en hulle met die wapens gedreig en geld gevra,” het Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum, gesê.
Die rowers het hierna met ongeveer R1 000 kontant gevlug. Niemand is beseer nie.