Een dood, drie kritiek in kop-aan-kop-botsing

Een persoon is dood en drie is kritiek beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing op die nuwe Letlhabile-pad by Brits Saterdagmiddag. “’n Aantal mense was in die voertuie vasgekeer en moes deur die brandweer uit wrakke verwyder word. Vier kritiek-beseerde mense moes gevorderde noodbehandeling op die toneel ontvang voor hulle met ‘n lugambulans na hospitale gevlieg is. Een van die pasiënte het nie oorleef nie,” het Leandre Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gesê.