Village Mall Kersmark groot sukses

Die Hartbeespoort-gemeenskap het in hul getalle Donderdagaand by Village Mall saamgetrek vir die Kersmark en musiek. Lekker kos, oulike kopies en goeie vermaak het gesorg vir ‘n genotvolle aand.

Jong ontluikende sangers van Hartbeespoort en die Generaal Hendrik Schoeman koor was groot treffers by die mark. Die plaaslike sangers, wat deur Pierre & Pauli Produksies afgerig word, het weer hier bewys dat Hartbeespoort propvol talent is.