Drie matriekleerlinge dood op pad vanaf matriekafskeid

Drie matriekleerlinge van ‘n skool naby Brits is Vrydagaand dood toe die taxi, wat ‘n groep leerlinge vanaf hul matriekafskeid vervoer het, op die R511 buite Brits gerol het. Volgens Leandre Spies van Hartbeespoort Emerency Medical Service (HEMS) is drie leerlinge op die toneel dood verklaar en verskeie ander is beseer. Die beseerdes is na ‘n hospitaal in Brits vervoer.