Elf voertuie in een week gesteel

Nege karre en twee bromponies is die afgelope week in Hartbeespoort gesteel.

Car thief using a tool to break into a car.

“Die Hartbeespooot gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is bekommerd oor voertuigdiefstalle wat onverpoosd voortgaan, en met die komende feessesoen, sal motoriste nog meer op hul hoede moet wees om diefstal van hul voertuie te verhoed,” sê Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort GPF.

Die afgelope week is die volgende voertuie gesteel:
• Silver Polo by ‘n restaurant in Scottstraat in Schoemansville
• Ford Ranger by ‘n kerk in Maraisstraat in Schoemansville
• twee bromponies, en twee fietse, in Karelstraat in Schoemansville
• Goudkleurige Toyota Etios in Malanstraat in Schoemansville
• Toyota in De Rust
• Wit Nissan-bakkie by Damdoryn
• Rooi Volkswagen Polo in Schubartstraat in Melodie
• Silwer Toyota Yaris by ‘n padkafee in Schoemansville
• Mercedes by ‘n restaurant in Ifafi
Inwoners word versoek om in areas te parkeer waar sekuriteit en karwagte is.