Geliefde GHS adjunkhoof dood weens Covid-19

Johan van Wyk (62)

Die geliefde adjunkhoof van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman, Johan van Wyk (62) is Sondag, 3 Januarie, weens Covid-19-komplikasies oorlede.


“Dit is ‘n groot skok. Ons sukkel nog om dit te verwerk. Ons kan nie glo hy is weg nie,” het sy seun, Johan van Wyk, aan Kormorant gesê.
Van Wyk het Kersfees begin siek voel en is die daaropvolgende week vir Covid-19 getoets. Hy is kort daarna gehospitaliseer en op ‘n ventilator geplaas. Hy is Sondagoggend in die Brits Mediclinic oorlede.
“Hy was top-fiks, het gesond geëet en was streng oor Covid-19 voorsorgmaatreëls. Niemand weet hoe hy dit opgedoen het nie. Hierdie siekte kies nie uit wie hy vat nie. Hy kyk nie wie is swak, wie dit verdien en wie nie…”
Van Wyk was die afgelope 20 jaar ‘n onderwyser by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en was die adjunkhoof tydens sy dood.
Hy word oorleef deur sy vrou, Maritha, en sy twee kinders Johan en René.
Reëlings vir ‘n gedenkdiens sal later bekend gemaak word.

Sien ook: Hartbeespoort Covid – 40 new cases, one dead in a week