Twee dood in ongelukke

Twee mense is verlede naweek dood in twee ongelukke naby Brits. Een persoon is Sondag op die toneel dood verklaar na ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n ligte motorvoertuig op die Betaniepad. Twee ander persone is ernstig beseer en is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer. Nog ‘n persoon is Saterdagaand dood toe ‘n bakkie met ‘n trok op die Wagpospad gebots het. (Foto en inligting: HEMS)