Man ernstig na band bars

‘n Brits-inwoner is Woensdag ernstig beseer in ‘n botsing op die Wagpospad toe ‘n aankomende bakkie se wiel los gekom het en sy bakkie van voor getref het. “Die man het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal in Brits vervoer,” het Leandre Spies van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gesê. Hy is steeds in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.