As jou varkies nie op hok is nie

Ja nee, as jy nie al jou varkies op hok het nie, kan jy verwag jy gaan hulle verloor. ‘n Inwoner se vark het Maandagoggend die pad gevat, vermoedend op soek na groener weivelde, of ‘n lid van die teenoorgestelde geslag in die Melodie-omgewing. Die vark, op ‘n missie, het motoriste, inwoners en honde op hol gehad en Facebook aan die gons. “Iemand het sy varkies verloor”, “My man is by die huis”, “Ek hoop nie hy word oorval met mense wat hul varkies soek nie”, en “Ek hoop nie eienaar is nou mal nie” … was net sommige van die prettige opmerkings op die plasing van die verlore vark. Gelukkig het sy eienaar die plasings gesien en kon sy varkie weer op hok kry… hopelik sonder te veel emosionele skade!