Bernard blink uit in internasionale musiekkompetisie

‘n Jong pianis van Meerhof, Bernard Badenhorst (15), het in Desember aan die virtuele Talent America- kompetisie deelgeneem en twee tweede plekke verower.

Nege lande het in verskeie afdelings deelgeneem. Bernard het meegeding in twee items in die instrumentale afdelings, klavier/klawerbord, in die 15-17 jaar ouderdomsgroep. Hy het Nasionale Kleure in “Performing Arts” ontvang.