De Wildt GPF hou massapatrolliee

Gemeenskapspolisiëringslede en Aequitas-sekuriteitsdienste het Saterdagnag ‘n massapatrollie in die De Wildt-gebied gehou. Meer as 20 GPF- en sekuriteitslede het vanaf 22:00 to 02:00 die gebied vanaf die R511 tot M21 by Hornsnek en die R566 na Rosslyn gepatrolleer. “Sigbaarheid is ‘n belangrike faktor in die beveiliging van ‘n gemeenskap. Dankie aan al die lede wat hul tyd, en slaap, afgestaan het om die plaasgemeenskap te beskerm,” het Elanie van der Merwe van die GPF gesê.