Een beseer na voertuig boom tref

Een persoon is Sondagoggend wonderbaarlik nie ernstig beseer nie na sy voertuig ‘n boom getref het. Die motoris het op die R104 (ou Rustenburgpad) beheer oor die voertuig verloor en in die boom vasgery. Die motoris is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer.