Ifafi/Melodie rig veiligheidskameras op

Die Ifafi/Melodie buurtwag is tans besig om veiligheidskameras in die Ifafi-omgewing op te rig om die woonbuut, sowel as ingang- en uitgangroetes, te monitor. Altesaam 10 kameras is nou al opgerig. Dit is een van talle projekte waarmee diƩ buurtwag nou besig is om inwoners te beveilig. Die buurtwag bedank ZKTeco vir donasie van kameras, en Rhuan van Megs vir die installasie van kameras en vir die netwerk wat gebruik word. Inwoners se ondersteuning word waardeer.