Man ernstig na granietblok op hom val

‘n Man is Sondagoggend in Kareepoort naby Brits ernstig beseer toe ‘n een-ton granietblok op hom geval het. Volgens inligting was die man in die omgewing van ‘n myn besig om die granietblok te sny toe dit gegly en bo-op hom geval het. Die Hartbeespoort Emergency Medical Service het die man op die toneel behandel tot ‘n lugambulans hom na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg het.