Man ernstig na twee motorfietse met kar bots

‘n Motorfietsryer is Sondag ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen ‘n kar en twee motorfietse op die R400 Hartebeeshoekpad. Volgens inligting het ‘n bakkie rem aangeslaan vir ‘n motorfiets wat voor hom gegly het, waarna nog ‘n motorfiets van agter met die bakkie gebots het. Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die beseerde op die toneel behandel tot hy per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg is.
(Foto en inligting: HEMS)