Swemmers presteer

Swemmers van Hoërskool Hartbeespoort het verlede naweek aan die vlak 3 swemgala in Sasolburg deelgeneem. Kyle Jansen van Vuuren het een goud, drie silwer en drie bronsmedaljes gewen, Tienieka Greyling een goud, een silwer, drie brons, asook goud en silwer in aflos, Louis Paquet drie vierde plekke, Kimberley Howes een brons, een goud en silwer in aflosse, en Christiaan Bothma een goud, vier silwer, asook silwer in aflos.