Herfsmark is weer hier!

Die jaarlikse gewilde Herfsmark van die Gereformeerde Kerk Hartbeespoort is weer hier! Dié mark het die afgelope nege jaar ‘n belangrike item in die dagboek van inwoners geword, en veral na dit verlede jaar weens die inperking gekanselleer is, sien die gemeenskap uit na ‘n heerlike kuier van 22 April tot 1 Mei by die kerk in Maraisstraat in Schoemansville.

Met 190 stalletjies waar ‘n groot verkskeidenheid gehalte produkte uitgestal word, en lekker kos, kan Hartbeespoort hom gereed maak vir ‘n week van inkopies en kuier.

Dié mark bied jaarliks aan mense die geleentheid om hulle uitsonderlike produkte te vertoon en te verkoop.
Produkte wat te koop aangebied word, is onder meer juwele, speelgoed, klere, skoene, skilderye, huis- en tuindekor, handgemaakte meubels, boeke, lekkers, biltong, vars gebak, vars vleis, ingelegde vruge en groente …. en nog vele meer

Die Kindertuin gee mammas die geleentheid om rustig inkopies te doen terwyl die kinders onder betroubare toesig kan speel. Die kosstalletjies dra by om die mark ‘n feestelike atmosfeer te gee. Afgesien van die heerlike eetgoed wat gedurende die dag in ons Teetuin geniet kan word, is daar ‘n vasgestelde spyskaart vir aandetes. Kom geniet ‘n heerlike aandete by die mark of kry net ‘n wegneemete.

Vir meer inligting besoek die webtuiste www.herfsmark.co.za.