Gesteelde bokke teruggevind

‘n Trop gesteelde boerbokke is Maandagoggend teruggevind na hulle deur veediewe op ‘n plaas by Kleinfontein naby Brits gesteel is.

Volgens Chris Degenaar van die Afrique Du Sud K9 gemeenskapsbeveiligingsgroep is die bokke vroeg Maandagoggend deur twee verdagtes uit ‘n kraal gesteel. “Ons spoorsnyers het die spore vir ongeveer ses kilometer gevolg toe die verdagtes opgemerk het dat ons op hul spoor is,” het hy gesĂȘ. Die verdagtes het op vlug geslaan en al die gesteelde bokke is teruggevind.
“Afrique du Sud en die polisie is op soek na die verdagtes.”