Hartbeespoort draf Rustenburg kaf

Hoërskool Hartbeespoort se hokkiespanne het verlede week die hokkietoernooi teen Hoërskool Rustenburg gewen. Die resultate was o/14 wen 2-0, o/16 wen 4-1 en 1stes wen 4-1. Drie van die netbalspanne het hul wedstryde gewen en twee het gelykop gespeel. Die resultate was o/14 A wen 35-3, o/14 B gelykop 14-14, o/15 A wen 16-14, o/15 B gelykop 11-11 en 1stes wen 15-10. Op die foto is Anouk van der Walt.