Skoonmaakaksie in Hartbeespoort skop af

Vrywilligers vir die MoveOneMillion-beweging het onlangs hul eerste skoonmaakaksie in Hartbeespoort gehou en 110 sakke vullis langs die R511 vanaf Schoemansville tot in Melodie opgetel.

Daar word nog ‘n skoonmaakdag vir Saterdag, 1 Mei, beplan en lede van die gemeenskap word genooi om by die groep vrywilligers aan te sluit en ons dorp te help skoonmaak. Die groep ontmoet om 09:00 by Wimpy in Scottstraat. Bring swart sakke en handskoene. Vir meer inligting, kontak Lizl Pistorius by 060 875 8289.