Man ernstig na trokongeluk

‘n Motoris is ernstig beseer toe hy Maandag in die vroeë oggendure ‘n trok op die R512 naby Sangiro in Broederstroom getref het. Volgens omstaanders op die toneel het die trok glo in die pad onklaar geraak en die motoris het met die trok gebots. Die beseerde bestuurder het in die motor vasgesit en die Brits-brandweer en Necsa-nooddienste moes hom met behulp van die lewenskake uit die voertuig bevry. Hy is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service na ‘n hospitaal in Brits vervoer. (Foto en inligting: HEMS)