MCS-leerder praat pad oop na Poland

Imke Krige, ‘n leerder van die Mountain Cambridge School is een van die sprekers wat deur Podium Pret gekies is om Suid-Afrika in Poland te verteenwoordig nadat sy verlede jaar as die Nasionale Graad 9 wenner aangewys is.

Podium Pret is deur Talent Africa (www.talentafrica.co.za) genooi om 11 Afrikaanse sprekers in te skryf om aan die 2021 “Internasionale Kultuur Olimpiade’ deel te neem wat deur Ierland en Pole aangebied word.

Meer as 25 lande sal in die aanlynkompetisie vanaf 17-21 Mei deelneem wat in Poland beoordeel word.