Broedie Opedag ‘n reuse sukses

Laerskool Broederstroom het Saterdag, 15 Mei 2021, hul Graad R en Graad 1 Opedag gehou.

Elke voornemende leerder het ‘n kleurvolle bril ontvang om “dieper” in die skool se doen en late te kyk. Verskillende aktiwiteite soos kuns, inkleur, visvang, sport en kettieskiet is aangebied om die dag pret te maak.