MCS-leerder speel klavier tot in Amerika

Imke Krige, ‘n leerder van die Mountain Cambridge School, het onlangs aan die SACOPA (South African Championship of Performing Arts) deelgeneem en is as wenner in drie afdelings van die klavier kompetisie aangewys. Sy is opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat later vanjaar in Amerika sal kompeteer. Imke word deur Dinki Holm onderig en speel reeds van vroeë ouderdom klavier.

Imke Krige