Laerskool Broederstroom se hengelaars het onlangs aan die eerste Interskole Hengel Liga-kompetisie by Vaaldam deelgeneem en die skool se naam hoog gehou. Die Broedies A-span het tweede gekom met die swaarste baber vir die dag, en Broedies B-span was sewende.
