By die 6 000 blikkies kos ingesamel

‘n Totaal van 5 946 blikkies kos en nie-bederfbare produkte met ‘n geskatte waarde van R97 000 is ingesamel tydens die Mountain of Hope-projek wat in Mei deur Village Mall en die Brits Hartbeespoort Rotariërklub van stapel gestuur is. Lede van die gemeenskap is versoek om blikkies kos te skenk om ‘n ‘berg van hoop’ te bou vir behoeftiges in die gemeenskap.

Die projek het Saterdag, 29 Mei, ten einde geloop en die kos is deur die organisasie, ‘Help is on the Way’, tussen behoeftiges in die gemeenskap versprei. Aequitas Security Solutions het gehelp met vervoer van die kos.