Ses dood in ongelukke

Ses mense is sedert die naweek in padongelukke in Brits en Hartbeespoort dood.

Drie mense is vroeg Sondagoggend dood in ‘n kop-aan-kop botsing op die Pelindabapad (R104). Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) and nog ambulansdienste het ‘n aantal beseerdes na hospitale vervoer. Drie mense is op die toneel dood verklaar.

‘n Motoris is Sondagaand op die Wagpospad dood na sy kar gerol het.

Maandagaand is nog ‘n persoon dood in ‘n botsing tussen twee voertuie op die R556 Sun City-pad naby Brits.
‘n Voetganger is Maandag op die Sonoppad by Brits doodgery. (Inligting en foto’s: HEMS)