Hoenderdief gevang terwyl hy slag

Sekuriteitsdienste het Saterdagaand ‘n hoenderdief, wat ‘n groot aantal hoenders van ‘n hoenderboerdery by Brits gesteel het, vasgetrek terwyl hy besig was om die hoenders te slag.

Beamptes van Afrique Du Sud K9 Sekuriteit se opsporingspan het gereageer op ‘n klagte van hoenderdiefstal by die boerdery by Rashoop en spore vir ‘n paar kilometer tot by ‘n plakkerskamp gevolg. Die spore het tot by ‘n huis gelei waar hulle die verdagte betrap het waar hy besig was om die hoenders te slag. Die verdagte is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig. Daar word na nog twee verdagtes gesoek.