Pajamadag by GHS

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het op 15 Junie ‘n Pajamadag gehou ten bate van die skool se Omgee-projek. Leerders kon pajamas en pantoffels aantrek skool toe en moes ‘n item saambring om die winter vir ander gemakliker te maak . Die reaksie uit die Schoemies-geledere was soos gewoonlik oorvloedig.