Broedies se Graad 7 slimstes

Laerskool Broederstroom het die Top 10-leerders in Graad 7 aangewys.

Hulle is agter Anika Richards, Sune Geldenhuys, Gia Dennis, Lanri Jansen van Vuuren. In die middelste ry is Dandelion du Plessis, Juanique van den Heever, Tanique van Jaarsveld, en voor, Madison Hanson en Celeste van der Merwe. Carla Fourie is afwesig.