Broedies vaar uitstekend in redenaarskompetisie

Laerskool Broederstroom-leerlinge, Anica Burger en Amelie Burger, het aan die nasionale interskole redenaarskompitisie deelgeneem. Dié twee redenaars het aanlyn in die onvoorbereide kategorie meegeding. Anica het 94% behaal en Amelie 93% . Amelie het na die nasionale kompetisie deurgedring.