Sekuriteitsbeamptes kry gekaapte trok terug

Sekuriteitsbeamptes van Protego Sekuriteit in Brits het Donderdag ‘n gekaapte trok in Brits opgespoor na dit vroeër in Damonsville gekaap is.

Besonderhede van die gekaapte trok is deur ‘n opsporingsmaatskappy versprei en beamptes van Protego, wat op die uitkyk was, het die trok op die Wagpospad opgemerk. Die trok is gevolg tot bystand by Brits Mall opgedaag het, waarna die trok afgetrek is. Die trokdrywer is deur die kapers van sy selfoon beroof.
Polisie was op die toneel.