Twee beseer in drie-kar-ongeluk

Twee mense is Vrydag beseer tydens ‘n ongeluk waarby drie motors op die R511 naby Multiplant betrokke was. Een persoon is ernstig beseer. Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die pasiënte na ‘n hospitaal in Brits vervoer .