Catherine ontvang Noordweskleure

Catherine Schoeman, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Hartbeespoort, het onlangs aan Talent Africa se provinsiale rondte deelgeneem waar sy haar Noordweskleure in klassieke ballet en jazz in die ouderdomsgroep 18-24 ontvang het. Sy neem in Oktober aan die nasionale rondte in Pretoria deel.