Deon Groot en Bokke-rugby by Lulu’s

Moenie dié naweek die sanger en liedjieskrywer, Deon Groot, en die Bokke-rugby by Lulu’s Pub & Grill misloop nie.

Deon is Saterdag, 7 Augustus by Lulu’s te sien en te hoor. Dié sanger vanuit die hartjie van Namakwaland het die verbeelding van musikeliefhebbers aangryp met sy unieke sterk stem en groot klanke.
Hy het ‘n unieke sangstyl en word beskou as een van Suid-Afrika se opkomende kunstenaars in die musiekbedryf.

Deon skryf sy eie liedjies en is ewe vaardig met die kitaar, bekfluitjie.
Die verrigtinge begin 12:00. Vir meer inligting kontak Mienkie by 079 418 8034.