Drie dood in R556-ongeluk

Drie mense is dood en nog twee beseer in ‘n ongeluk op die R556 buite Brits Maandag. Een van die voertuie het na bewering vir voetgangers uitgeswaai en met die ander voertuig gebots. Drie mense is op die toneel dood verklaar en twee pasiĆ«nte is deur Hartbeespoort Emergency Medical Serivce (HEMS) met ernstige beserings na ‘n hospitaal in Brits vervoer.