Bosveldbasaar dié naweek

Die gewilde jaarlikse Bosveldbasaar word weer Saterdag deur die Nederduitse Hervormde Kerk in Schoemansville aangebied.

Ricus Nel tree 11:00 by die basaar op.

Buiten die gewone heerlike kos en basaaraktiwiteite, kan besoekers uitsien na optredes deur die gewilde musikante Ricus Nel en Heuning.

Die Bosveldbasaar begin Saterdag, 4 September, om 08:00. Maak seker jy besoek die basaar op ‘n leë maag. Vetkoek, pannekoek, hamburgers, heerlike soetgoed soos koeke, kleinkoekies, beskuit en hope ander lekkergoed sal seker maak dat niemand honger ly nie.

Ricus Nel tree 11:00 op en Heuning om 13:00.
Die Bosveldfees word op die kerkterrein in Maraisstraat gehou. Streng COVID-19-protokol sal gevolg word.