GHS spit eeste sooi vir nuwe klaskamers

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het Woensdag die eerste sooi gespit vir die konstruksie van die ses nuwe Graad R-klaskamers, toilette vir leerders en ‘n personeelkamer vir die Graad R-personeel. Die Graad R-leerders gaan tans in asbesklasse skool en di√© word nou vervang.Die projek is moontlik gemaak uit fondse wat geoormerk is vir kapitaalprojekte, sowel as borge soos SABRIX en Dreiers Hardeware.

Op die foto is ds Barry Fourie (projekkoördineerder), Mauritz du Preez (skoolhoof van GHS) en Tinus Basson van Njati Construction.