NG Kerk Krokodilrivier hou basaar

Die NG Kerk Krokodilrivier bied dié naweek hul jaarlikse basaar aan en ‘n gelukkige besoeker kan boonop ‘n 5-ster vakansie in die Bosveld of by die see wen.

Die basaar open Vrydag, 3 September met allerlei etes, braaivleis en potjiekos beskikbaar vanaf 13:00, en Saterdag, 4 September, is almal vanaf 07:00 welkom. Besoekers kan uitsien na allerlei handwerk- en kosstalletjies. Vir die hongeres is daar meer as genoeg om aan te smul. Dink net aan lekker pannekoek, poeding, kerrie-en-rys, hamburgers, vetkoek en nog baie meer. Ander aktiwiteite sluit ‘n smoustafel, skyfskiet, blomme, vars-gebakte brode, bevrore wegneemetes en wildkarkasse in. Koop ‘n kaartjie en staan ‘n kans om ‘n 5-ster vakansie ter waarde van R30 000 by die see of in die bosveld te wen. Die trekkings vind Vrydag 18:30 en Saterdag 11:00 plaas. Moenie dié basaar misloop nie. Vir meer inligting, kontak 012 252 6021.