Potjie en poeding by die Gereformeerde Kerk!

Moenie die komende Vrydag, 3 September, die Gereformeerde Kerk Hartbeespoort se Potjie & Poeding-etes misloop nie.

Die kerk (oorkant Laerskool Generaal Hendrik Schoeman) bied Vrydagaand tussen 17:00 en 19:00 heerlike potjiekos en patats teen R65, en poeding teen R15 aan. Die hongeres kan kies tussen bees- en hoenderpotjie and rys of stampmielies.
Bespreek jou ete by 012 253 0063 gedurende kantoorure.