Kuierkidz plant lentetuin

Die Kuierkidz leersentrum vir breingestremde kinders in Harties het in Januarie by hulle nuwe perseel ingetrek het, gewoel en gewerskaf om die skool elke dag nog mooier te laat lyk en vanaf verlede week spog hulle met ‘n pragtige lentetuin.

Rene Coetzee (skoolhoof) saam met leerders, Reuben van Coller en Hildegard Shulte .

René Veertjie Coetzee, die skoolhoof sê elke kind het deelgeneem, of dit nou was om ‘n plant nader te dra of met ‘n grafie in die tuin te werk. “Sulke aktiwiteite beteken baie vir hierdie kinders wat soms gemakliker is om eerder te sit of in hulle eie roetine doenig te wees.”

“Die dag het al vroeg-vroeg begin toe die ouers die opgewonde kinders by die skool afgelaai het, elke met ‘n spul plantjies wat hul saamgebring het om te plant. Teen die einde van die dag was die leerkrag en leerders ewe vol grond en breë glimlagte,” sê sy.

“Vir tipiese kinders is so ‘n aktiwiteit dalk nie noemenswaadig nie, maar vir die Kuierkidz-leerders is dit ‘n groot mylpaal.”

Kuierkidz is al sedert 2008 ‘n deel van die Hartbeespoortgemeenskap en die sentrum spog tans met 11 tutors en 13 leerders. Vir enige navrae oor die sentrum of nuwe inskrywings, kan René by nealibra1@gmail.com of kuierkidz101@gmail.com of 079 626 9859 gekontak word.