Kar beland in vragmotorbak

‘n Voertuig het Dinsdagaand naby Pecanwood in Broederstroom in ‘n trok, wat omgeslaan het, se bak vol sand beland.

Volgens Leandre Spies van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), wil dit voorkom asof die trok vol sand omgeslaan het en die bestuurder van die voertuig het dit nie gesien nie weens al die stof. Die voertuig het in die bak ingery.
Die bestuurder is nie ernstig beseer nie.