Harties Reflections palm medaljes in

Harties Reflections Swemklub se swemmers het in September aan die Noordwes “Short Course” kampioenskappe deelgeneem en ‘n ongelooflike 180 medaljes gewen, waarvan 62 goud, 64 silwer en 54 brons is! Baie geluk aan al die swemmers wat deur Lynnette van Rensburg afgerig word. Sowaar ‘n prestasie om op trots te wees.

Harties Reflections se jong swemmers. Agter: Lienke Esbach, Marizelle Vermaak, Amieka Henning Voor: Tshepi Pebane, Vuuren Steenkamp, Lex Steenkamp, Tlotliso Rakubutu, Wilmi Esbach, Samuel Steyn. Inlas: Joshua Steyn. Afwesig: Mathys Knoetze
Die junior swemmers. Agter: Nathan Hartman, Elizabeth Viljoen, Lane Fouche, Sulize Henning, Lino Fouche. Voor: Caitlin Rossiter, Lerato Molobye, Ruan Holtzhausen, Maria Dos Santos, Zoé Steyn.