Hennopsrivier vs Broedies

Laerskool Hennopsrivier en Laerskool Broederstroom het onlangs vriendskaplike krieketwedstryde gespeel om net weer die balle aan die rol te kry na die lang COVID-19-droogte.

Laerskool Hennopsrivier se krieketspan het baie goed ontwikkel gedurende die vriendskaplike krieketseisoen. Dit het nie oor wen gegaan nie, maar om die spelers se talente te verbeter. Wilson Phiri van Laerskool Hennopsrivier word deur die afrigter, Theann Botha geluk gewens met sy ses paaltjies vir 24 lopies.