Dief steel watermeters helder oordag

‘n Dief het Dinsdagoggend helder oordag doodluiters vier watermeters kort na mekaar in Brits gesteel.

Die watermeterdief is kort voor 07:00 op sekuriteitskameras vasgevang waar hy by ‘n erf ingaan, ‘n groot klip optel, die watermeter losslaan en rustig daarmee in ‘n swart sak wegstap. Afriforum-buurtwag is in kennis gestel en het saam met ‘n sekuriteitsmaatskappy na die toneel gehaas, maar die dief was reeds weg. Tydens die soektog na die dief is daar opgemerk dat meters in Mahemsingel, Boskraaistraat en Raasblaarstraat gesteel is. Daar word na nog voorvalle ondersoek ingestel.

Inwoners word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die dief en om hul watermeters te probeer beveilig teen diefstal.