‘n Motoris is Saterdagaand dood in ‘n ongeluk tussen twee karre op die R511 naby die Kerkstraat-kruising. Een persoon is beseer en is na ‘n hospitaal vervoer.

In nog ‘n voorval Saterdag is ‘n motorfietsryer dood in ‘n botsing met ‘n voertuig op die R104 naby Damdoryn. Niemand anders is beseer nie.