Voortrekkers vier 90

Die Voortrekkers het op 30 September hulle 90ste bestaansjaar herdenk, en die plaaslike Hartbeespoort Kommando het saam feesgevier.

Die Voortrekkerbeweging is ‘n Suid-Afrikaanse jeugorganisasie vir seuns en meisies, gegrond op Christelik nasionale beginsels. Die Hartbeespoort Kommando se jaarlikse “Môl Krôl” het by Village Mall plaasgevind. Spanne Voortrekkers is op ‘n skattejag met kriptise leidrade en baie energie deur die sentrum gestuur. Die Verkennerseuns het met die prys vir vinnigste tyd weggestap. Dit het gesorg vir baie moeë kinders, nog moeër offisiere en ‘n hele klomp verbaasde inkopiegangers.

Alle voortrekker kommandos word vrywillig deur ouers bestuur. Indien dié klink na pret, word kinders en hul ouers genooi om ook hier betrokke te raak. Kontak Antonie by 071 883 7810.