Broedies deel van Polisie Krieketklub

Ses leerders van Laerskool Broederstroom is deel van die Polisie Krieketklub in Hartbeespoort.

Hulle het reeds hul eerste wedstryd op 17 Oktober 2021 by LC de Villiers gespeel en die Tuks B-span met 8 paaltjies gewen. Daar wag ‘n belowende seisoen vir hierdie manne voor. Die spannetjie is agter, Alexander Dillman, mnr Dewald Kotze (afrigter), AJ Opperman, en voor, Zandre Stapelberg, Jay Jay Blom, Chris Deschodt en Runen Prinsloo. Barend Liebenberg is afwesig op die foto.